Noord-Kaap provinsiale swemuitslae vir Hoërskool Diamantveld
ADVERTISEMENT
Noord-Kaap provinsiale swemuitslae vir Hoërskool Diamantveld. Caylin Gous (Graad 12), Dewet Gous (Graad 9) en Janco Grobbelaar (Graad 8) het gedurende die Desember vakansie aan die Noord-Kaap provinsiale swem kampioenskappe in Kathu deelgeneem en het die volgende provinsiale rekords verbeter tydens die byeenkoms:
- Janco Grobbelaar: Janco verbeter die 2012 Noord-Kaap provinsiale rekord in die 100m vlinderslag in die O/13 kategorie.
- Dewet Gous: Dewet verbeter die 2004 Noord-Kaap provinsiale rekord in die 800m vryslag in die 12 – 14 jaar kategorie.
- Caylin Gous: Caylin verbeter die Noord-Kaap provinsiale rekord wat Karen Muir in 1968 opgestel het in die 1500m vryslag in die 15 jaar en ouer kategorie. Caylin het ook terselfdertyd haar eie rekord verbeter (wat sy in November 2022 gebreek het) in die 1500m vryslag in die 15 – 18 jaar kategorie.
Baie geluk met al die rekords wat julle gebreek het! Julle maak ons trots.