’n Suksesvolle krieket seisoen vir Laerskool Newton

’n Suksesvolle krieket seisoen vir Laerskool Newton. Krieket o.11:Newton speel Vrydag, 3 November teen CBC in die T20 finaal aangebied deur Eureka. Ons verloor die loot en word gevra om eerste te boul. CBC word beperk vir 81/4 en Newton teken 82/7 aan. Newton wen dus die wedstryd met 3 paaltjies!! Newton is die wenners van die toernooi!! Ons seuns wys net weereens hoe hulle nie terug staan vir enige uitdaging nie en maak ons so trots!! Dankie CBC vir die mooi wedstryd!! Julle was ysters en het gesorg vir n naelbyt wedstryd!! Julle kan trots wees op julle seuns!! Ons is trots op julle en geluk met julle prestasies!
Krieket o.13:Baie geluk met ’n suksesvolle seisoen en aan die afrigters met julle harde werk met die seuns! Ons is trots op julle en geluk met julle prestasies.