Laerskool Seodin leerders ingesluit in die Griekwaland-Wes Laerskool rugbyspanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons ster-rugbyspelers! Seodin is ongelooflik trots om aan te kondig dat die volgende spelers gekies is vir die Griekwaland-Wes Laerskool rugbyspanne!
o/13 B-span:
- Lefika Ditiri
- Juan van der Linde
- Nonofo Moncho
o/12 A-span:
- Janro Venter
- Franco van den Berg
- Dandré Wessels
o/12 B-span:
- Daniel Lamprecht
- Jacques Pretorius
Jul harde werk, toewyding en sportmanskap het vrugte afgewerp, hou so aan! Seodin staan vierkantig agter julle elke tree van die pad.