Laerskool Postmasburg o.13 Krieketspelers wen die JTG B-liga

Op Woensdag 8 Nov 2023 het Laerskool Postmasburg se o.13 Krieketspan die JTG B-liga gewen deur HOTAZEL met 53 lopies te klop. Possies het eerste gekolf en 132 lopies aangeteken. Hotazel kon net 79 lopies aanteken in hulle 20 beurte! Baie geluk seuns. Ons is baie trots op julle.