Laerskool Oranje-Noord leerder en haar perd behaal ‘n eerste plek in SA

Laerskool Oranje-Noord leerder Jessica Oberholster het in Oktober aan ‘n Nasionale Perdekompetisie in Parys deelgeneem met haar perd Santana. Sy behaal ‘n algehele 1ste plek in die land – Level 4 vir laerskool ruiters. Sy is ook weer gekies vir die SAEF (Nasionale span) en word ook verkies as kaptein van die 2024-span. Baie geluk, Jessica.