Laerskool Kathu tennisspelers presteer tydens Synergy Cup 2023
Laerskool Kathu Synergy Cup 2023. Twee van laerskool Kathu se meisies, Dayna King en Mieke de Villiers het die afgelope naweek Noord Kaap verteenwoordig waar hulle tennis gespeel het teen ander provinsies naamlik, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Boland Kavaliers. Slegs die Top 8 van elke Provinsie neem deel aan hierdie toernooi. Noord-Kaap het 3de geindig. Baie geluk ons is trots op julle.