Hoërskool Martin Oosthuizen Juniorlandbouvereniging opleidingsessie
Die bestuur van die nuut verkose Junior Landbouvereniging (JLV) van Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas het onlangs ‘n opleidingsessie gehad. Hierdie sessie is aangebied deur mnr Wiaan van Rensburg, voorsitter van die Oranje Landbou-Unie. Wiaan is verder lid van Agri-Noord-Kaap. Wat hierdie spreker egter vir die skool soveel meer spesiaal maak, is die feit dat hy ‘n oudleerder van die skool is (matriek 1992) en ook ‘n oud ondervoorsitter van die skool se JLV.
Tydens hierdie opleidingsessie is veral gefokus op die rol van georganiseerde landbou in SA asook hoe die struktuur saamgestel is. Daar is ook gekyk na die rolle van die onderskeie ampsdraers asook vergaderingsprosedures in die algemeen. Dit was ‘n baie lekker en leersame ervaring en die skool se landbouers sien uit na die pad wat hulle saam met georganiseerde landbou gaan stap.

Juniorlandbouvereniging opleidingsessie

Juniorlandbouvereniging opleidingsessie

Die JLV tydens die opleidingsessie

Mnr Mouton aan die woord tydens die JLV opleidingsessie

Wiaan van Rensburg aan die woord tydens die JLV opleidingssessie