Hoërskool Kathu Somersport hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kathu Golf: HSK se golfspan het in Kuruman teen Hoërskool Kalahari sowel as Curro Kathu gespeel.
Ons leerders het uitmuntend gevaar en het die dag gewen. Die spelers het baie goeie gholf gespeel. Keanu Visagie het gesamentlik 1ste plek verwerf en Garren Stonestreet het die 3de plek behaal.
Kathu High School Cricket: The cricket season has officially come to an end. Once again Kathu High School performed exceptionally well. All three teams qualified for the semi finals of the league and the U19 boys and girls teams played the league finals. Kathu High School is very proud of all our cricket players and coaches.
Hoërskool Kathu Atletiek Hoërskool Kathu is baie trots op Mnr. Clint Van Tonder (Atletiekhoof) wat aangewys is as die JTG Streek se atletiek afrigter. Mnr. Van Tonder vergesel die span van 50 atlete (8 van Hoërskool Kathu) na die Noord Kaap atletiek byeenkoms wat eerskomende Saterdag in Kimberley plaasvind. Mnr. Van Tonder het ‘n puik kleure atletiek aangebied vroeër die jaar en speel ‘n groot rol in al die rekords wat deur HSK atlete sover die jaar verbeter is.
Hoërskool Kathu Atletiek: Hartswater top 20 Op Saterdag 18 Februarie het 11 van HSK se atlete aan die Hartswater top 20 atletiekbyeeneenkoms deelgeneem. Die atlete het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Die uitslae is soos volg:
- 400h D19- Sharike Rossouw – Silver
- 200m S17 – Ashrand Rooi – Silver
- Spiesgooi D19 – Elizma Erasmus – Goud
- Verspring D19- Sharike Rossouw – Silver
- Driesprong S17- Legrant van Kratenberg – Goud
Die volgende atlete gaan die naweek deelneem aan die Noord-Kaap Atletiek byeenkoms in Kimberley:
Carlo Booysen, Shineen Terblanche, Ashrand Rooi, Ashlynn Majola, Lee-Grand van Kratenburg, Elizma Erasmus, Kabo Holele. Baie sterkte vir hierdie leerders.