Hoërskool Kalahari Prysuitdeling 2024 Hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari Prysuitdeling 2024 Hoogtepunte: Die leerders van Hoërskool Kalahari het hierdie jaar weereens puik presteer en op 9 en 10 Oktober 2024 is ons jaarlikse Akademiese en Sportprysuitdeling gehou.
Hoofleiers vir 2025:
- Hoofseun: SW van Heerden (middel links)
- Onderhoofseun: Katlego Masoka (heel links)
- Hoofdogter: Danel Lubbe (middel regs)
- Onderhoofdogter: Keira Blom (heel regs)
Dux-leerder vir 2024: Faith Makatong
Driekuns toekenning word vir die eerste keer ooit oorhandig waar drie leerders uit selfde gesin die toekenning ontvang vir die hoogste graad persentasie in Wiskunde in hul onderskeie grade:
- Clarina Thomatos Gr.8 (links)
- Anika Thomatos Gr.10 (regs)
- Nicolas Thomatos Gr.12 (middel)
Let wel hulle jonger broer verwerf die hoogste punt vir wiskunde waar hy tans in die laerskool is.
- Sportman van die jaar 2024: Thys Fourie (regs)
- Sportvrou van die jaar 2024: Mia Ekkerd (links)