HS Duineveld fietsryer stof grotes uit
‘n Jongman met die naam van Gerdre Noeth van Hoërskool Duineveld is besig om naam vir homself te maak op die fietsry front. Gerdre Noeth het ‘n droom 2019 beleef op die fiets. Hy het aan verskeie wedrenne deelgeneem gedurende die jaar. Sy indrukwekkende uitslae lyk as volg:
- Ottosdal Draf en Trap: 40km Padwedren – Eindig 1ste uit 177 deelnemers
- Bestmed Cycle4CANSA Sun City: 103km Padwedren – 50ste uit 999 – 11de Junior Man
- Loskop Padwedren: 118km – 33ste uit 96 – 2de Junior Man
- Medihelp Trapnet Pretoria: 95km – 148ste uit 1408 – 4de Junior Man
- Vrystaat Fietstoer: 105km – 17de uit 475 – 1ste Junior Man
Gedurende die laaste resies moes Gerdré deelneem in die Junior Mans afdeling, maar moes teen o/23 en Elite Mans ry vir ‘n algehele plek. Hy het in sy ouderdomsklas baie goed gevaar veral as in aanmerking geneem word dat hy teen die land se bestes ry. Daar was SA fietsryers by en hy kon by hulle bly.
By die Sun City wedren kon die land se beste fietsryers hom met net 19 sekondes wen! Volgens sy afrigter stel Gerdre goeie tye op vir sy ouderdom en hy stof groot skole se juniors uit.
‘n Verdere interessantheid is dat daar 31 formele uitdunwedrenne in die land vir die bekende Cape Argus is. Gerdré het aan 5 deelgeneem. Hy gaan dus ook die Cape Argus ry DV op 8 Maart 2020.
Soos hulle sê… Hou hierdie spasie dop! Gerdré gaan nog die wêreld verower op sy fiets!
‘n Baie groot geluk ook aan Andre en Annatjie Noeth wat soveel tyd en energie insit om hul seun die geleentheid te gee. Dit wys maar net weereens dat Velties Ouers die ekstra myl stap. Die skool is trots op hulle!
#VeltielandUpington #VeltiesFietsry #VeltiesGuts #VeltiesTrots