Hoërskool Skool Duineveld het deelgeneem aan die ATKV redenaars
Op 11 April 2025 is die ATKV redenaars streekbyeenkoms by Voorbereidingskool Fanie Malan aangebied. Entoesiastiese Hoërskool Duineveld het aan 27 items deelgeneem in die afdelings Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
Op 20 en 21 Junie 2025 het redenaars die geleentheid om weer plaaslik deel te neem aan Con Spirito Redenaars. Dit word aangebied by Hoërskool Duineveld.