Hoërskool Diamantveld Tennisspelers speel uitstekend in die Noord-Kaap Masters

Baie geluk aan Hoërskool Diamantveld leerder Francois Holtzhausen wat die eerste gekeurde speler in die kwarteindstryd geklop het en in die finaal deelgeneem het in die Noord-Kaap Masters. Francois verloor in die finaal teen Ruan Delport. Ruan Delport se pa, Jan Peet Delport is ‘n oud-hoofseun van Diamantveld.
Cherise Müller slaan uitklophoue in Noord-Kaap Masters finaal.
Baie geluk aan Cherise Müller wat vir Stephanie Krüger in Noord-Kaap Masters tennis finaal geklop het. Dit is werklik ‘n spog prestasie.

Tennis Cherise Müller Stephanie Krüger