Hoërskool Diamantveld leerder presteer in atletiek Atletiek

Hoërskool Diamantveld leerder Mieke Smit het deelgeneem aan die NWU Top 30 atletiekbyeenkoms. Mieke vaar uitstekend en behaal ‘n sewende plek tydens die 800m vir dogters o.15 uit 39 atlete. Mieke hardloop die 800m in 2:26.56 minute. Baie geluk met die uitstekende prestasie Mieke!