Hoërskool Diamantveld landloop atleet ingesluit in die Noord-Kaap provinsialespan

Baie geluk aan Carmen Louw wat opgeneem is in die Noord-Kaap Provinsiale span. Carmen gaan op 30 September in Polokwane deelneem aan die Nasionale Skole Landloop Kampioenskappe. Baie geluk met die skitterende prestasie Carmen. Hoërskool Diamantveld hou duimvas vir jou!