Uitslae van Die Hoërskool Wagpos se eerste span Rugbytoer by Blikkies Groenewald Rugby Week
ADVERTISEMENT
Uitslae van Die Hoërskool Wagpos se eerste span Rugbytoer by Blikkies Groenewald Rugby Week @ Jaru Sport Akademie.
- Dag 1: Wen Posmansburg 12-5
- Dag 2: Wen Zimbabwe College 1 *7-6
- Dag 3: Wen Carltonville 29-0
Seuns het twee oefensessies gehad saam met Blikkies Groenwald. Potmaak-aand gehad, plaasroete gestap tot by die plaasdam waar hulle kleilat gespeel het en rugby gespeel het in die dam. Elke aand was afgesluit met n groot “bonfire” waar die seuns stories gedeel het en hulle ekstra etes ingewerk het.
Laaste dag het hulle na afloop van hulle wen die dag by Sun City spandeer waar hulle die suksesvolle toer gevier het.
Wagpos was die wenners van die toernooi en 11 van ons spelers is gekies om in Ierland te gaan toer in die eerste week van Desember.
Paul Strydom is aangekondig as die agterlynspeler van die toernooi. Baie geluk aan hom! Elke speler het voorwaar hart gewys op die veld en die opponente gedomineer deur skitterende spel en harde verdediging. Ons is opgewonde om die liga met ‘n nederige denkwyse en ‘n hart vol hoop en passie aan te pak.