Laerskool Rustenburg leerders presteer in Tennis by die Bojanala Uitspele
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg se onder 11 gemengde dubbels tennisspan het op Maandag 26 Mei 2025 aan die Bojanala uitspele te Bergsig Akademie deelgeneem. Daar is teen die Laerskole Brits, Generaal Hendrik Schoeman, Vastrap en Proteapark deelgeneem. Die seuns en dogters het pragtige tennis gespeel en uiteindelik in die tweede plek geëindig. Ons is sommer baie trots op hulle en dankbaar vir hul ouers se belangstelling en belegging in hul tennis.