Laerskool Rustenburg kwartaal 1 sport hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg kwartaal 1 hoogtepunte. Boogskiet Larries boogskiet is weer in volle vaart vir 2023. Saterdag, 4 Maart ’23 het ons Larries boogskietspan aan die Buffelspoort Karnaval Interskole Boogskietkompetisie deelgeneem by ATKV Buffelspoort-oord. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
Skaak Die skaakleerders het deelgeneem aan die RTB Noord skaaktoernooi. Hulle het pragtig gevaar. Armand van Rooyen het ñ 3de plek verower in die ontwikkelings afdeling en Handré Hough ń 2 de plek in die u/8 afdeling.
Atletiek Bojanala kampioenskappe | 21 Feb te LS Brits Baie geluk aan ons Larrie atlete met puik prestasies!
Tennis Tiana van Niekerk en Lohan Reynecke het die groot prestasie behaal om as Norval Tennisakademie se Junior Dogter en Junior Seun Tennisspeler van 2022 aangewys te word. Larries is ongelooflik trots op julle en dankbaar vir die belegging wat julle en jul ouers in jul tennis maak. Maak weer so in 2023!

Tiana van Niekerk

Lohan Reynecke