Hoërskool Rustenburg gholfspelers stap wéér weg met die titel as NWU-gholfkampioene
Die Hoërskool Rustenburg gholfspelers stap wéér weg met die titel as NWU-gholfkampioene tussen 16 skole! Op Maandag, 17 April 2023 het die Rustie-gholfspelers by Vereniging gaan deelneem aan die NWU-superreeksfinaal. Tydens die toernooi kraai die Rusties nie net koning nie, maar Aidan Drummond is ook aangewys as die beste seniorspeler van die toernooi. Die Rusties is besonders trots op hierdie klomp gholfspelers wat die Rustie-naam hoog hou!

Foto: Hendré Naudé, Jordan Goosen, Aidan Drummond, Devan Swart, Wian Jooste, Manfred Wenhold