Die Hoërskool Rustenburg-netbalspelers doen dit wéér
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Rustenburg-netbalspelers doen dit wéér! Na afloop van die Affies Prestige-netbaltoernooi het die Rusties kop en skouers bo die res uitgestaan! Gr.12 leerder, Landri Janse van Rensburg, word as die beste o. 18-aanvalspeler aangewys en gr. 11-leerder, Kamogelo Molefe, word óók aangewys as die beste o. 17-verdedigende speler. Nie net is hierdie twee PUIK individuele prestasies nie, maar die Rustie-netbalspanne vaar net so goed met die volgende prestasies.
- 14A-span wen Windhoek 13-12 in die finaal en eindig algeheel 7de in die toernooi.
- 15A-span verloor teen EG Jansen en eindig algeheel 6de in die toernooi.
- 16A-span wen Middelburg 15-9 en eindig algeheel 7de in die toernooi.
- 17A-span wen Durbanville 16-14 en eindig algeheel 3de in die toernooi.
- 1ste-span wen Stellenberg 29-25 en eindig algeheel 5de in die toernooi.

Kamogelo Molefe word aangewys as die beste o.17 verdedigendespeler tydens die Affies-netbaltoernooi

Landri Janse van Rensburg word aangewys as die beste o.18 aanvalspeler tydens die Affies-toernooi