Volkies vs Gimmies – Volkie se eerstespan seunshokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan seunshokkiekaptein van Volkies oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Boys Hockey First Team Coach: Jaryd Hammond:What can the school and parents expect from your team this year at the Volkie – Gimmie Classic Clash? Giving your best is all we can ever expect from a player or a team, so the expectation this year is that we will give our best in every moment, and regardless of the outcome we will leave that field knowing we gave our all.
Where is your strength as a team? As a team we have many strengths, from dynamic attacking ability to solid defensive capabilities, however, I would say that our main strength this year is HEART. As a famous sportsman once said, “If you don’t carry passion into sport – or into any job for that matter – you won’t succeed.” This is true for Volkies’ boys hockey this year – we have heart and we have passion.

Altus Roux
Eerstespan Seunshokkiekaptein: Altus Roux
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons hoogtepunt as `n span sal ek sê, is dat ons die voorreg gehad het om Pietermaritzburg te kon toer en teen die beste van die beste gespeel het.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur `n voorbeeld te probeer stel, want ons het hierdie jaar baie nuwe spelers en ek weet vir `n feit dat ons baie goed gaan kan speel as ons span gemotiveerd is, en dan dink ek kan ons teen die beste van die beste speel.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons onderkaptein is Jander. Hy is altyd lus om te speel en hou ons positief as ons almal negatief is en ek dink hy is regtig `n baie goeie onderkaptein.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Wat ek wil hê ons span hierdie jaar moet bereik, is om Gimmie-Volkie te wen en om Noordval A toe te kan gaan. Dit is wat my sal trots maak.
Wat is jou planne vir die toekoms? My planne is om vir die Puk, of selfs vir enige universiteit, vir hulle eerstespan te gaan speel.