Die AWSUM speler profiel: Danie Schönfeldt van Potch Volkies
Naam: Danie Schönfeldt
Skool: Potch Volkies
Posisie: Slot
Geboortedorp: Potchefstroom
Lengte (cm): 186 cm
Gewig (kg): 92 kg
1ste Span debuut: 3 Maart 2018 teen Marais Viljoen
Bynaam: Dan
Beste herinneringe op die veld? 2018 se Volkie-Gimmiewedstryd; ons het 50-10 gewen!
Stokperdjies buite rugby: Houtwerk en sokkies!
Hoe gaan dit met die voorseisoen se voorbereiding? Ons het goeie spanbou- en fiksheidsessies vier keer ‘n week gehad.
Hoekom het jy besluit om na Volkies te kom? Ons familie het ‘n geskiedenis met Volkies. Ek het in hulle voetspore gevolg.
Wat maak dit spesiaal om vir jou eerstespan uit te draf? Al die ondersteuning van die skool. Dit wys die trots wat die leerders vir die skool het.
Wat is jou gunsteling posisie? Flank
Wie is die grapgat in die span en hoekom? Wikus Marais. Hy laat almal altyd lag en dit maak nie saak waarmee ons besig is nie, daar sal atyd wees vir ‘n grappie.
Wie is die Gym Bom in die span? Connor Brown en JJ Alberts.
Wat motiveer jou om Saterdae jou beste te gee? Om die skool se naam hoog te hou en nie die skool in die steek te laat nie.
daar een spesiale meisie/ou wat jou wedtsryde ondersteun en indien so wat is haar/sy naam?
Joana Scholtz
Lekkerste oomblik na ‘n wedstryd? Om saam met Joana die skoollied te sing.
Wie was jou matriekheld toe jy in Gr8, Gr9 was? Roché van Aarde
Wie is die Eerste Rugbyspan se gunsteling Netbal en Hokkie speelsters?
Hokkie: Joana Scholtz en Ruvan Pieters