Hoërskool Schoonspruit platinum Interhoër uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Schoonspruit het op Vrydag, 16 Februarie aan die Platinum Inter (Groep B) by die Kenneth Mc Arthur stadion in Potchefstroom deelgeneem. Vanjaar was dit Hoërskool Bekker se beurt om as gasheerskool op te tree.
Deelnemende skole was Ferdinand Postma, HTS Potchefstroom, Hoërskool Bekker, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Wolmaransstad, HTS Klerskdorp, Milner, New Vision, Curro, Orkney en Educator’s High School.
Hoërskool Schoonspruit behaal ‘n algehele vierde plek en verower 46 medaljes waarvan 16 goud, 11 silwer en 19 brons is.
Schoonspruit se atlete stel ook 9 nuwe rekords op:
- Lizané Vorster (0/19 gewigstoot en diskus) Lizané word ook aangewys as die beste veld-atleet van die byeenkoms.
- Duncan Fritz (0/19 800m, 1500m en 3000m)
- Kelly Annandale (0/19 800m, 1500m en 3000m)
- Derick Coetzee (0/16 100m)
Op die gees-terrein vaar die Schoonies ook puik vanjaar en eindig algeheel tweede. Telana Snyman word aangewys as die beste dirigent van die dag. Volgende jaar is dit HTS Klerksdorp se beurt om die byeenkoms aan te bied.
0.19 aflos wenners – Lizané Vorster hardloop die laaste 100m en wen die wedloop.
Beste dirigent – Telana Snyman
Derick Coetzee – wen die 100m en stel ‘n nuwe record op met ‘n tyd van 11.65
Beste veld-atleet – Lizané Vorster (vir haar gewigstoot en diskus prestasie)
Dirigente – (vlnr) Xander v.d Walt, Lee-Ann Kriel, Telana Snyman (beste dirigent), Thabiso Dhlamini, Luhan Erwee en Zandi-Lee Pryba met die tema “Alice in wonderland”
Duncan Fritz – stel drie nuwe rekords op