Hoër Volkskool Potchefstroom wen ‘n skaakstuk op ‘n slag
Hoër Volkskool Potchefstroom wen ‘n skaakstuk op ‘n slag. Hoër Volkskool Potchefstroom se junior en seniors het laas Vrydag, 22 April 2022 in Lichtenburg deel geneem aan die NWU-reeks in poelwedstrydverband. Dis hier waar die Volkies teen top skole deelgeneem het, onder andere Marais Viljoen. Litchenburg en Oos-Moot.
Volkies het die eerste rondte teen Oos Moot sterk begin. Oos Moot het nie ‘n seniorspan nie, dus verwerf Volkies 5 punte en die juniors wen 3-2. Die tweede rondte teen Lichtenburg wen die juniors 3,5-1,5 en die seniors verloor 1-4. Die laaste, en derde rondte teen Marais Viljoen wen die seniors wen 3-2 en die juniors verloor 1-4. Samevattend, Volkies het die skool se naam hoog gehou tydens hierdie reeks aagesien die juniors en seniors twee van die drie spelle gewen het. Ons is besonders trots op ons Volkie-konings en dame!