Hoër Volkskool Potchefstroom se toneelspelers speel die verhoog aan die brand
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool Potchefstroom se toneelspelers speel die verhoog aan die brand! Hanno van Zyl het deurgedring na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie, wat in die laaste week van Meimaand plaasvind in Kaapstad. By Witteberg Hoërskool in Betlehem se Ausum ad Como Monoloogfees speel Thylo Nortier ‘n A++ op die verhoog los en dring so deur na die finaal, waar sy ‘n derde plek verower.