Op die AWSUM rusbank met Curro Nelspruit se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Curro Nelspruit se hoofseun: Willem Blom
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien die meeste uit om `n positiewe verskil te maak by die skool.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? My sterkpunte is: Ek is vriendeilk, geduldig en ek kan `n plan maak. My swakpunte is: Ek is soms besluitloos en let nie mooi op nie.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal graag die skool `n lekker plek vir almal will maak, `n plek waarop mense kan trots voel, sodat die leerders nie vir ander skole gaan soek nie.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die feit dat die skool op `n streng, maar tog ontspanne wyse bestuur word, amper soos `n universiteit.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag in die top 10 wil bly en ten minste 82% op my rapport wil hê einde matriek.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Wees entoesiasties, neem deel en geniet elke oomblik van jou laaste skool jaar. Lei met `n goeie voorbeeld, nie omdat ek so vra nie, maar omdat julle Christene is en julle Sy naam wil verheerlik.
Wie is jou rolmodel? My rolmodel is my ouers, alby van hulle speel `n groot rol in my lewe.
Wat is jou planne vir na skool? Na skool wil ek universiteit toe gaan en of Landbou of Ingeneurswese gaan swat.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Ironman, want hy is slim en kan `n plan maak om uit enige situasie te kom. En ek is mal oor sy suit en sy tech.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Op `n normale Saterdag sal julle my by die plaas kry op my trekker.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Scarlett Johansson a.k.a Black Widow.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? `n Musiekfees bywoon
- Android of iOS? Android