Op die AWSUM rusbank met Curro Nelspruit se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Curro Nelspruit se hoofdogter: Ané Janse van Rensburg
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om Curro en my mede-leerders te sien groei en saam nuwe hoogtes te bereik.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: My deursettingsvermoë, doelgerigtheid en veelsydigheid.
- Swakpunt: Vrees vir mislukking, oordink (soms) situasies en probeer soms om te veel op dieselfde tyd te doen.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Daar is nie iets wat ek aan Curro sou wou verander nie.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Curro se kulturele diversiteit, ons gees en Curro se deursettingsvermoë om jaaliks groter en beter te word.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sy graag wil bereik? Ek hoop om my matriek jaar af te sluit met verskeie onderskeidings.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Geniet jul jaar en maak die beste daarvan. Tyd is kosbaar.
Wie is jou rolmodel? Sara Sigmundsdóttir.
Wat is jou planne vir na skool? Ek sal graag wil studeer (Ingenieursgrafika & Ontwerp). Na ek myself gevestig het in my beroep, sal ek graag wil reis. Die wêreld is groot en opwindend.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman. Sy is sterk, vinnig en kan met diere kommunikeer. Ek wou al lankal ‘n gesprek of twee met my troeteldiere gehad het!
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by…`n sportbyeenkoms, by die gym of by Crossfit.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Dwayne “The Rock” Johnson.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Wegneem-Ete
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Andriod of iOS? iOS