Laerskool Bergland bergfietsryers kwalifiseer vir Mpumalangaspan
Ons #Bergies het vasgetrap en laat wiel tydens die XCO Bergfietsreeks die naweek! Twee van Laerskool Bergland se bergfietsryers, Paul Coetzee (Gr 6) en Louis Coetzee (Gr 4) het gekwalifiseer vir die Mpumalanga span! Hulle neem oor 2 weke aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein deel. Die TWK Bergfietsreeks begin 23 Julie 2022, ons is baie opgewonde om weer deel te neem.