Hoërskool Rob Ferreira blink uit by Mpumalanga atletiek kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Rob Ferreira blink uit by Mpumalanga atletiek kampioenskappe. Altesame 60 top 10 posisies is deur die Robbie atlete in verskeie items behaal, en 22 medaljes was verower. Rob het die driesprong item by Secunda gedomineer, en 3 provinsiale kampioene hierin opgelewer. Erin Merensky D17, Dylan Musarurwa S17 en Nsovo Ntlemo D15. Die beste prestasie van die dag gaan aan Marloux Breytenbach.
Hy is die eerste provinsiale hamergooi kampioen in ons skool se geskiedenis. Sy eerste poging van 45.49m was ook die wenafstand en gee hom 853 ASA punte. Sy afrigter Mnr Wimpie Greyling sal baie trots wees op die prestasie. Wimpie was in sy jonger dae die SA kampioen en SA rekordhouer op 0.19 en 0.23 vlak. Silwer medalje wenners was Caitlin Dehrman D17 hoogspring, Philla Sibiya 400m hekkies S19, Prosper Masinga S17 se 100M, TK Dhlamini S15 se 200m, Sheppard Khoza S15 driesprong, Thando Mokoena S17 se 200m, Lizwe Makhumane S15 se 100m hekkies en Tumiso Letsoalo S15 se 300m hekkies.
Brons medalje wenners was TK Dhlamini S15 se 100m, Prosper Masinga S17 se 200m, Philla Sibiya S19 se 200m, Siya Masina S17 se 400m, Tumiso Letsoalo S15 se 100m hekkies, Sethu Mathebula D15 hoogspring, Nsovo Ntlemo D15 verspring, Sheppard Khoza S15 verspring, Olwetu Bayisa D15 driesprong en Ricardo Raubenheimer S19 spiesgooi. Rob het ook 14 atlete wat provinsiale kleure verwerf, en sal aan die opkomende SA skole nasionale skole atletiek kampioenskappe in Germiston deelneem, asook aan ASA jeug kampioenskappe n week later in Potchefstroom.
Sekere van die atlete sal ook einde April aan ASA se nasionale aflos kampioenskappe in Nelspruit deelneem. Rob se atletiekorganiseerder en Mnr Stefan vd Merwe, het ook die naweek as keurder vir die ASA aflos spanne opgetree. Hy is ook dan aangewys as hoofafrigter van die ASA aflos span. Die volgende atlete verwerf hul provinsiale kleure. Dogters is Nsovo Ntlemo, Erin Merensky, Olwethu Bayisa en Caitlin Dehrman. Seuns is Dylan Musarurwa, Marloux Breytenbach, Philla Sibiya, Sheppard Khoza, Prosper Masinga, TK Dhlamini, Thando Mokoena, Lizwe Makhumane, Tumiso Letsoalo, en Siya Masina. Baie geluk aan elke atleet en afrigter.