Ligbron Akademie vir Tegnologie neem aan Farm Jam deel
ADVERTISEMENT
Verlede Saterdag het 5 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie aan die 2de rondte van die Middelburg Bothlabelo Farm Jam deelgeneem. Hierdie motorfietswedren het oor 4 rondtes van 23-kilometer elk plaasgevind. Op die foto is Franco Barnard, wat ongelukkig moes onttrek omdat sy motorfiets beskadig is, LP Scheepers wat 5de geeindig het in die 85 junior afdeling, GD Koch was 8ste in die S3 amateur afdeling; WP Human het in die S3 amateur afdeling 3de geeindig en Dian Jacobs het het ‘n derde plek in die S3 beginner afdeling behaal.