Ligbron Akademie vir Tegnologie leerders presteer in olimpiade
Baie geluk aan dié Liggies van Ligbron Akademie vir Tegnologie, met hul uitstekende uitslae in die SANGO Royal Geographic Society se olimpiade. Krynauw Mulder, Danika Drotsky, Leri-Gene Nel en Hanno van Dyk het goue sertifikate verwerf in die volgende afdelings: National Geography Olimpiad en Antarctic Module. Juf Erika Brand en die Liggies is trots op julle!