KLAS VAN 2020 IN DIE KOLLIG: Zander Steyn
Die Coronavirus het `n groot impak op skolesport gehad en het die matrieks beroof van dit wat veronderstel was om die hoogtepunt van hulle skool loopbaan te wees. Daarom wil AWSUM graag die klas van 2020 in die kollig plaas, om hierdie sportmanne en dames die nodige erkenning te gee, omdat hul nooit die klok sal kan terugdraai om hul eie skool herinneringe te kan herskryf nie. Dié seuns en dogters het hard gewerk in hul voorseisoense voorbereiding en uitgesien na `n jaar vol van opwinding, erkenning en ervaringe.
AWSUM gesels met Zander Steyn van Laerskool Goedehoop se eerstespan rugby. Hy speel vaskopstut .
Hierdie is `n baie moeilike jaar vir die Graad 7’s van 2020. Hoe voel jy oor die sportjaar wat verlore is? Ek voel baie hartseer. Ek wou hierdie jaar vir die laaste keer vir die eerstespan uitgedraf het vir Goedehoop. Ek voel hartseer en teleurgesteld.
Waarna het jy die meeste uitgesien hierdie seisoen? Die spangees tussen vriende, Super 12, Finals en Pumas.
Hoe het julle vooruitsigte as span vir hierdie seisoen gelyk en wie dink jy sou julle taaiste teenstander gewees het? Om in die finaal te speel. Ons grootste teenstanders sou Lydenburg, Nelspruit en Kruinpark wees.
Enige spelers (in jou opinie) in jul span waarop die publiek uitgemis het om hulle nie te sien speel nie en hoekom?
Zander van der Merwe – hy is in sy beste vorm ooit en fiks.
Zander Steyn – hy is sterker, met beter tegniek.
Alberto Volschenk – hy is fikser en sy verdediging is beter.
Wat maak dit spesiaal om vir Laerskool Goedehoop se eerstespan uit te draf? Hierdie jaar se span speel baie lank saam en voel soos broers vir mekaar. Om Goedehoop op die bors te dra, was nog altyd `n eer.
Wat is jou beste herinnering op die rugbyveld sover? Laas jaar se finals toe ons wen teen Lydenburg – ek was reserwe en dit alleen was `n groot voorreg.
Hoekom sal jy Laerskool Goedehoop aanbeveel vir toekomstige skoliere? Goedehoop se kultuur, sport en akademie is uitstaande en goed gebalanseerd.
Waarop fokus jy nou vir die res van 2020? Akademie en fiksheid om volgende jaar te kan uitdraf op die rugbyveld.
Na watter hoërskool gaan jy volgende jaar? Hoërskool Secunda.
Het jy `n boodskap vir jou mede-spanmaats van 2020? Ek wil net vir hulle sterkte sê vir volgende jaar en hoop als vir die beste. Ek hoop ons sal altyd soos broers wees en altyd daar vir mekaar wees.