Hoërskool Volksrust rugbyspelers en afrigters ontvang Puma-kleure
Die amptelike seremonie van die Pumas het onlangs in die Mbombela Stadium in Nelspruit plaasgevind, waar die spelers en afrigters hulle Puma-kleure gekry het. Die volgende rugbyspelers en afrigters is provinsiaal verkies:
- WJ Hattingh o/16
- Mdumseni Ngwenya o/18 Stedelik
- mnr. Sebastiaan Rothmann spanbestuurder o/15
- mnr. Tekkies Erasmus o/16 Grant Khomo afrigter
- Jason MacDonald o/16
- Viyo Dladla o/18 Platteland