Hoërskool Volksrust nuweling is ‘n fietsryer van formaat
Francois de Jager, fietsryer van formaat
Francois de Jager, graad 8 Volkie, het Saterdag deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Xco Cross Country Beker se eerste van vier wedrenne wat in Mankele (Nelspruit) gehou is. Hulle was so tussen 20 en 30 ryers van regoor die land wat meegeding het vir punte, om later die SA kampioen te bepaal. Francois neem deel in die Sub Junior Kategorie (o/15) en het 3 rondtes van 4.3 km elk gery. Francois handhaaf ʼn gemiddeld van 15.2 minute per rondte.
Die baan bestaan uit rock gardens, gap jumps en single track, wat baie tegniese vernuf vereis. Volkies is baie trots op Francois de Jager wat die eerste van hierdie vier wedrenne gewen het. Sy volgende wedren is in Pretoria, dan Pietermaritzburg en die laaste in Stellenbosch. As Francois die meeste punte behaal in hierdie wedrenne, sal hy as die SA kampioen gekroon word. Geen druk nie Francois, maar Volkies staan bankvas agter jou!
~Marietjie Steyn~