Hoërskool Volksrust graad 8 leerder presteer met fietsry
Francois de Jager presteer met fietsry
Op 18 en 19 Januarie het Volkies se Francois de Jager, graad 8 leerder, deelgeneem aan die Provinsiale Padfietswedrenne te Loskopdam. Daar behaal hy eerste plekke in al drie sy items: Padwedren, Tydtoets en Hill Climb. Francois verwerf hier dan ook sy Mpumalanga Provinsiale Kleure. Aangesien sy tye uitstekend was, is hy verder verkies om Mpumalanga te verteenwoordig in die Federasie Span met Padfiets op Nasionale Vlak.
Baie geluk aan hierdie nuwe Volkie, wat die skool alreeds so trots maak. Hoërskool Volksrust wens Francois alle sterkte toe met die SA Bergfiets “Cross Country” in Nelspruit waaraan hy môre deelneem.