Hoërskool Volksrust verwelkom nuwe personeel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust verwelkom die volgende onderwysers by die skool.
Volkies verwelkom mnr. Marno Fourie
- Ek is Marno Fourie. Passievol oor opvoeding en ‘n nalatenskap van kennis wat toegepas kan word vir ons volgende generasie om die wêreld ‘n beter plek te maak.
- Ek het ‘n Meestersgraad in Bewaring Ekologie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Ek het 7 jaar ervaring as ‘n volhoubare landboubestuur konsultant in melk boerdery.
- Ek voltooi my NGOS deur AP Akademie in 2022.
- Ek sien uit om graad 8 en 9 leerders oor sosiale wetenskappe te leer en my passie vir geskiedenis en geografie in die klas uit te leef.
- Ek is ook opgewonde om landbouwetenskap vir ons graad 11 leerders aan te bied en so my passie vir omgewingbewaring te kan deel met die leerders.
- Ek het op skool tot op nasionale vlak skaak gespeel en het deelgeneem aan SA padfietsry. Ek sal graag skaak by die skool as sport wil implementeer.
Dit is vir my ‘n groot voorreg om saam met die ouers die pad te stap om die beste akademiese resultate vir ons Volkies te verower. Mnr. Fourie is tans besig om te studeer om sy doktorsgraad te behaal. Volkies wens hom alles van die beste toe.

Mnr. Fourie
Volkies verwelkom me. Zuzané van der Merwe
My naam is Zuzané van der Merwe. Oud Volkie, diere en kinder liefhebber. Ek is ʼn avontuurlustige persoon, met ʼn persoonlikheid wat alles as ʼn uitdaging aanvaar. Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer en glo dat jy nooit te oud is om te leer nie. Ek geniet die buitelewe, is mal oor sport, en hou daarvan om enige sport te beoefen. Ek is passievol daaroor om te sien hoe sport ʼn persoon kan ontwikkel. Op skool het ek atletiek gedoen waar ek ook op die Top-10 atletiek was en velditems was my “veld”. Ek is gaande oor hokkie en het op skool aan hokkie deelgeneem waar ek ook vir die skool se eerste span gespeel het. Ek is ook ʼn gegradueerde hokkie skeidsregter. In 2019 was ek betrokke by die afrigting van die Hoëveld hokkiespan waar ons in 2019 as AVS Bokkieweek Wenners uit die stryd getree het. Vanjaar stap ek terug by Volkies se hekke en die keer as ʼn juffrou en nie ʼn leerling nie. Ek gaan Wiskundige Geletterdheid aanbied vir graad 10 en graad 11. My Bed Intermediêre Fase graad het ek deur UNISA voltooi.
Volkies is baie opgewonde om me. Van der Merwe terug te hê in ons midde en wens haar alle sterkte en sukses toe met haar onderwysloopbaan.

Me. Van der Merwe
Volkies welcomes Ms Sanel Kunene
(Sanelisiwe Kunene) I am young charismatic, passionate, daring and bold. I am always up for a challenge, I live by the quote “Throw me to the wolves, I’ll come back leading the pack”. That is the attitude I wish to in still in my learners. I’m currently studying through Unisa with English being one of my majors and strongest passion. This year I will be teaching English home language which is a great honour since I will be doing what I love the most. I will also be playing a role in the cultural activities that the school has to offer. It is a true blessing as a Volkie Alumni to be able to give back to the school that moulded me into who I am today.
Volkies is very excited to have Ms Kunene back in our midst and wish her all the best and success with her teaching career.

Ms. Kunene
Volkies verwelkom vir me. Elani Swart
Terug waar alles begin het.
Ek het in 2009 net hier by Volksrust Hoërskool gematrikuleer. Dit is hier waar ek lewenslange vriende en herinneringe gemaak het en deur van die beste onderwysers geleer en geïnspireer is. Nou is ek terug om groot skoene te vul en hopelik ook my merk te laat op die leerders hier!
Na matriek het ek B Com HR Bestuur by Tukkies (Universiteit van Pretoria) gaan studeer en toe ook my NGOS deur UNISA. Ek was ook gelukkig om vir ‘n jaar oorsee te gaan klasgee en toer, maar daar is niks lekkerder as braaibroodjies en pepermenttert op eie bodem nie!
Ek was nog altyd ‘n kranige ondersteuner en deelnemer van kultuur en is mal oor hoe kuns mens toelaat om jouself te ‘express’, of dit is deur dans, verf of sing!
Ek sien uit na nuwe uitdagings hier as Graad 8 en 9 Rekeningkunde en Afrikaanse onderwyser!
Eens ‘n Volkie, altyd ‘n Volkie.
Baie sterkte me. Swart en baie welkom terug. Volkies wens jou alle sukses toe.

Me. Swart