Hoërskool Volksrust sê totsiens en hallo aan mnr. Coetzee
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust het op die dag wat die skool gesluit het afskeid geneem van mnr. en me. Coetzee, maar ook intern aangekondig dat mnr. Coetzee aangestel is as dissiplinêre beampte van die skool. Hierdie is ‘n posprofiel wat mnr. Coetzee soos ‘n handskoen pas. Hy het reeds die afgelope twee jaar bewys dat hy die regte man vir die werk is, met sy kalm en stil manier waarop hy die waarheid uit kinder-oortreders kry en met deernis en empatie die ouers van die kinder-oortreders te woord staan. Volkies sien uit na nog lange jare waarin mnr. André Coetzee deel gaan wees van ons personeel en wens hom alle sterkte toe met hierdie “nuwe” fase van sy lewe.
Hoërskool Volksrust wil langs hierdie weg ook laat weet dat die pos van faktotum nog nie gevul is nie en vir mnr. Lucky Magudulela bedank dat hy instaan as faktotum totdat die pos gevul kan word.