Hoërskool Volksrust oudleerder se gedigte haal 2de plek in SA
ADVERTISEMENT
Groot eer vir oud-Volkie Karlie
Die Genootskap vir die handhawing van Afrikaans het ‘n glansgeleentheid aangebied in Pretoria vir digters landwyd. Karlie van der Westhuizen-Lubbe is aangewys as die naaswenner in hierdie kompetisie. Karlie het in 2012 in Volkies gematrikuleer, waar sy ook hoofmeisie was. Sy is ‘n kranige digter en behaal die tweede plek landwyd met haar gedigte Plaaskind en Naamloos. Hierdie is ‘n reuse prestasie en Volkies is baie trots op ons oud-leerder.