Hoërskool Volksrust hou reuse skoonmaak-dag
Hoërskool Volksrust hou reuse skoonmaak-dag. Op Donderdag, 28 Julie, het Volkies ʼn reuse skoonmaak-dag gehou. Elke hoekie en gaatjie is skoongemaak, mooigemaak en gepolitoer. Elke Volkie het hieraan deelgeneem en die gees het geborrel van opgewondenheid. Baie dankie vir almal se insette om ons pragtige skool so mooi in stand te hou.