Hoërskool Volksrust fietsryer vaar puik tydens die Mpumalanga XCO Provinsiale Reeks
Danél de Jager, ’n graad 11-leerder van Hoërskool Volksrust en toegewyde fietsryer, het Saterdag puik gevaar tydens die Mpumalanga XCO Provinsiale Reeks. Sy het ’n welverdiende 2de plek in die Junior 0.18-kategorie ingepalm! Ons is trots op jou harde werk, deursettingsvermoë en sportgees. Hou so aan!