Hoërskool Volksrust atlete kook tydens die Piet Retief Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust wil graag elke atleet gelukwens wat Saterdag, 8 Februarie 2025, aan die Piet Retief Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms deelgeneem het! Julle het met uitstaande resultate en verskeie medaljes gewys wat deursettingsvermoë en harde werk regtig beteken. Na ‘n lang week van deelname aan verskeie byeenkomste het ons atlete steeds deurgedruk en hul beste gegee. Ons is ongelooflik trots op julle! ‘n Groot dankie aan al die onderwysers wat hul Saterdae opgeoffer het as spanbestuurders en beamptes om hierdie dag ‘n sukses te maak. Ons waardeer julle toewyding! Ook ‘n spesiale dankie aan ons bestuurders wat gesorg het dat ons almal veilig tuis is. Julle almal het ons skool se naam met trots gedra!