HS Secunda se Fotografieklub neem steeds wenfoto’s
Leerlinge van Hoërskool Secunda se fotografieklub neem steeds, ten spyte van die grendelstaat, die mooiste foto’s by hul huise. Leerlinge het ‘n uitdaging vir elke dag van April ontvang.
Hoërskool Secunda se fotografieklub spog met 24 leerlinge onder leiding van mev. Christelle Hanger en mev. Liesl Pretorius.