HS Secunda redenaars vaar uitstekend tydens Con Spirito
Con Spirito bied vir leerders, selfs tydens die grendeltydperk, die geleentheid om aanlyn deel te neem. Leerders neem aanlyn deel en ontvang na afloop van hul deelname ‘n sertifikaat met hul uitslae. Hul kan nie ‘n video instuur nie, die kompetisie is dus so na aan die werklike kompetisie as wat kan kom.
Leerders van Hoërskool Secunda het die afgelope week deelgeneem aan die redenaarsafdeling en uitstekend presteer.
Henri Viljoen (Graad11) het 95% vir Afrikaans Voorbereid en 96% vir English FAL Prepared behaal.

Henri Viljoen
Gabi Stemmet (Graad 8) het 95% vir Afrikaans Voorbereid en 93% vir English FAL Prepared behaal.

Gabi Stemmet
Lana Hyman (Graad 9) het 94% vir Afrikaans Voorbereid en 97% vir English FAL Prepared behaal.

Lana Hyman
Sonèl de la Rey (Graad 12) het op Saterdag, 16 Mei aan die Con Spirito Kunstefees deelgeneem. Sy het te midde van die grendeltyd aanlyn aan die Afrikaanse Redenaarskompetisie deelgeneem. Sy het uitstekend gevaar en 96% vir haar Afrikaans Voorbereide toespraak behaal.

Sonèl de la Rey
Cara Strydom (Graad 11) het tydens die Con Spirito Kunstefees aan die Redenaars Afrikaans Huistaal Onvoorbereide afdeling deelgeneem en uitstekend presteer. Sy het 94% vir haar onvoorbereide toespraak behaal.

Cara Strydom
Jan-Hendrik Groenewald (Graad 10) het 88% vir Afrikaans Huistaal Voorbereide toespraak behaal en ‘n uitstekende 92% vir sy Afrikaans Huistaal Onvoorbereide toespraak.

Jan-Hendrik Groenewald