Hoërskool Secunda Gr 8 redenaar is die beste Hoërskoleredenaar vir 2020
Marelize is beste Hoërskoolredenaar in Con Spirito Nasionale kompetisie Die afgelope naweek is die nasionale ronde van Con Spirito in Gauteng beslis. Die nasionale wenners is tydens ‘n Prestige funksie op Sondag, 13 Desember vereer.
Marelize van Niekerk, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Secunda, het die trofee ontvang vir die beste Hoërskole redenaar. Sy was eerste in die Afrikaans HT Onvoorbereide afdeling met ‘n persentasie van 96%. Sy was ook tweede Nasionaal in Afrikaans HT Voorbereid met ‘n gemiddeld van 95%.