Hoërskool Ermelo vaar goed by SA-gholftoernooie
ADVERTISEMENT
Drie Errie-Gholfspelers het onlangs aan verskeie Suid-Afrikaanse gholftoernooie deelgeneem. Tobie Leibbrandt het Mpumalanga van 3 Oktober tot 5 Oktober verteenwoordig by die SA-Skole toernooi vir seuns te Polokwane Gholfklub. Spelers speel vier rondes gholf oor twee dae. Na al vier rondtes eindig die Mpumalanga-span in die agtste plek.
Zané du Plessis het op haar beurt ook die provinsie verteenwoordig by die SA-Skole gholftoernooi vir dogters. Dit was slegs die tweede dogterstoernooi wat aangebied is en is gespeel te Magaliespark-gholfklub en Sandy Lane-gholfklub. Die Mpumalanga A-span eindig die toernooi as wenners en die B-span eindig sewende. Terselfdetyd sluit hierdie ook die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in waar spelers namens hul skool kan deelneem. Die Erries se span bestaande uit Zané du Plessis en Zine Jacob eindig in die twaalfde plek. Hoërskool Ermelo is trots op elkeen van hierdie leerders en sien uit na wat die toekoms vir julle gholfloopbane inhou.

Tobie Leibbrandt

Links is Zané du Plessis en regs staan Zine Jacob
Foto krediet aan: Fanta Studios en Making Memories Photography