Hoërskool Ermelo seunshokkie begin ligawedstryde
Hoërskool Ermelo se seunshokkie het op Woensdag 15 Maart met hul ligawedstryde begin. Die o.14-span het teen Hoërskool Secunda op EHS se astro te staan gekom. Ten spyte van goeie spanwerk en vaardighede, kon EHS net nie afrond nie en die wedstryd eindig 2 – 0 in Secunda se guns. Die o.16-span het teen Highveld Park gespeel. Alhoewel dit ’n uitdaging is om op gras te speel, het hierdie seuns ware Errie-guts getoon en die wedstryd eindig twee elk. EHS se doelskieters is Victor Burgers en Dian van Aarde. Baie geluk aan die seuns met mooi wedstryde en sterkte met die liga wat voorlê.

Nathan Herbst

Henning Romijn

Noraz Tikly met Janu van der Meulen agter hom

Jannie Jacobsz