Hoërskool Ermelo seunshokkie bedank borge vir spankamer
ADVERTISEMENT
Spreuke 11 vers 25 sê “Wie ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is” Vrydag, 3 Mei, is daar ’n geleentheid gehou om vir die borge wat die seunshokkiekamer opgeknap het, te bedank. Elke bydrae word opreg waardeer! Die volgende mense het tot die opknapping bygedra:
- Marnitz Venter – MV Industries
- Jandre Crous – New Creations and Maintenance
- Wessel van der Merwe – Chilltech
- Andre en Jenique Steyn – Maximus Glass / Aluminium
- Dale Groenewald – TWK Versekering
- Schalk en Liezel du Toit – Zuidvaal Exotic Jams
- Bertus en Susan Sandenberg – Roux Loodgieters
- Hannes en Dalene van Heerden – Kijima Constructions
- Koos Olivier – Signs 2 see
- Aretha Visser – Hippie Heart Creations
- Elize en Piet Van den Heever – Mpumalanga Glass and Aluminium
Johan Lengenhagen, die skool se faktotum, is ook bedank vir sy deurlopende harde werk en bereidwilligheid om altyd te help. Spesiale dank aan Dale en Tina Groenewald wat leiding in die projek geneem het. Hulle verseker ‘n groot nalatenskap vir EHS se seunshokkie.