Hoërskool Ermelo netbal groei tydens vakansietoere
Die o.14A-, o.15A- en o.16A-netbalspanne het vanaf 7 tot 10 April ’n netbaltoer bygewoon te Zwartkloof in Bela-Bela. Dit het bestaan uit vier Dae van tegnieke ontwikkel, wedstryde speel, spanbou en geesvang. Jen, die aanbieder van die toernooi, het verskeie meisies van EHS se talent uitgesonder en die Erries het selfs geleentheid gekry om teen huidige Protea Netbalspelers wedstryde te kon speel. Die Protea spelers en Jen se studente het tydens die wedstryde posisie spesifieke en individuele aandag aan die Erries gegee. Alhoewel geen formele tellings gehou was op die toer nie het die Hoërskool Ermelo goed gevaar.
Die Hoërskool Ermelo KS Clothing eerste netbalspan het vanaf 24 tot 28 Maart ’n toernooi in Menlopark bygewoon, waar hulle baie geleer en goeie blootstelling gekry het. Die 2despan speel nege wedstryde en wen sewe van die wedstryde. Baie dankie aan die dogters en afrigters wat deel was van die blootstelling wat die Erries kon kry.

Die Hoërskool Ermelo KS Clothing eerste netbalspan