Hoërskool Ermelo hou bedankingsaand vir borge
Hoërskool Ermelo het op Vrydagaand 17 Maart saam met die Errie-Unie, ’n Errie-bedankingsaand gehou vir die borge wat ’n groot bydrae lewer tot die sukses van Hoërskool Ermelo. Tydens die geleentheid is oud-personeellede van Hoërskool Ermelo ook vereer.
Die funksie het getuig van besondere styl en die gaste het die samekoms terdeë geniet in ’n gesellige atmosfeer, met gepaste musiek en smaaklike verversings in die Hoërskool Ermelo-Ouditorium.
Die betrokkenheid en ondersteuning van Hoërskool Ermelo se borge is onlosmaaklik deel van die sukses wat die Erries beleef. Hoërskool Ermelo is opreg dankbaar vir elke bydrae, groot of klein, wat aan die Erries geskenk word ter ondersteuning van die leerders se onvoeding en groei op alle terreine. Dit is ’n groot voorreg om die samewerking van die gemeenskap te ontvang wat help bou aan ’n toekoms vir die Errie-leerders, het sy op die sportveld, op kulturele gebied, akademies of enige ander vorm van ondersteuning.

Meneer Pieter Grobler, hoof van Hoërskool Ermelo aan die woord tydens die bedankings
Elke skenking en hulp word raakgesien, waardeer en na die beste van Hoërskool Ermelose vermoë gebruik tot voordeel van elke leerder en van die skool in totaliteit. Mary Anne Radmacher sê: “As we work to create light for others, we naturally light our own way.”Dankie aan elke borg wat help dat op sy eie Errie-manier kan skyn. Hoërskool Ermelo loop oor van dankbaarheid teenoor borge.

Die gaste het ‘n gesellige aand geniet met keurige dekor en geurige kos