Hoërskool Ermelo bied suksesvolle laerskool-tennistoernooi aan
Erries bied suksesvolle laerskool-tennistoernooi aan
EHS-tennis het op Vrydag 24 Maart vir die eerste keer ‘n laerskool Dubbels-tennistoernooi aangebied.
Na die rondomtaliewedstryde was dit duidelik dat daar sterk kompetisie was met ‘n paar spanne wat gelykop geëindig het.
Die finale uitspeelwedstryde was skouspelagtig met Johan Potgieter en Michaél Ronquest wat uitgetree het as wenners. Woldemar Winckler en Lehan Toerien was die naaswenners.
Hoërskool Ermelo is trots op elkeen van die 30 spelers van ’n verskeidenheid laerskole wat kom deelneem het. Dankie aan al die ouers wat moeite gedoen het om hulle kinders te ondersteun en die Erries te besoek.
EHS sien met verwagting uit na die volgende laerskool-tennisgeleentheid.

Die groep laerskoolleerders wat aan die toernooi deelgeneem het saam met me Annemie Martins, Mnr Hennie Dippenaar en mnr Willem Romijn

Michaél Ronquest, meneer Hennie Dippenaar en Johan Potgieter

Woldemar Winckler, meneer Hennie Dippenaar en Lehan Toerien