Hoërskool Ermelo atlete ingesluit in Mpumalanga-span
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo atlete ingesluit in Mpumalanga-span . Op 11 Maart het die atlete van EHS aan die Mpumalanga atletiek-kampioenskap deelgeneem. Die atlete behaal die volgende plekke:
- Marlioné Erasmus (D o.15): vierde in 100m, vierde in 200m
- Aletha Kloppers (D o.15): eerste in 3000m
- Quinet Swart (D o.15): sewende in 300mH
- Vicky Janse van Rensburg (D o.15): negende in verspring
- Luan Greyling (S o.15): eerste in 400m, eerste in 800m
- Mia Davel (D o.17): eerste in hoogspring, tweede in 100mH
- Mikaela Hand (D o.17): derde in skyfwerp
- Esmari Klopper (D o.17): sesde in 3000m
- Tyrone Berning (S o.17): eerste in 400mH, tweede in hoogspring
- Mia Steenkamp (D o.19): eerste in 400mH
- Zané du Plessis (D o.19): tweede in 100mH
- Bongmusa Vilakazi (S o.19): vierde in 1500m
Bo en behalwe hierdie uitstaande prestasies, is die volgende atlete ingesluit in die Mpumalangaspan wat aan die SA skole-kampioenskap geen deelneem op 2 – 5 April in Germiston:
- Aletha Kloppers, D o.15 vir 3000m
- Mikaela Hand, D o.17 vir skyfwerp
- Mia Steenkamp, D o.19 vir 400mH
Vir die ASA -Kampioenskap wat vanaf 23 tot 26 Maart plaasvind in Pietermaritzburg, is die volgende atlete gekies:
- Luan Greyling, S o.15 vir 400m en 800m
- Tyrone Berning, S o.17 vir 400mH en Hoogspring
- Mia Davel, D o.17 vir 100mH en Hoogspring
Baie geluk aan elke atleet met hierdie uitsonderlike prestasies en sterkte vir die byeenkomste wat voorlê. Die Erries is met reg besonder trots op eke atleet.

Die atlete wat deelgeneem het aan die Mpumalanga atletiek-kampioenskap